Die Heuwels Fantasties - Soek jy my?

Die Heuwels Fantasties Video 7 months ago

Description

Stream :

Daar’s bloeisels
Op jou vensterbankie
En ek mis jou
Ek hoop dis nie meer lank nie
soek jy my nog nou?
soek jy my nog nou?
Nog nou

Want ek kan net soveel liedjies skryf
Myself beseer op die rooitapyt
Maar die tyd gaan kom
Waar jy moet besluit
Besluit
Besluit

Hoe kan ek opstaan?
Hoe kan ek aangaan?
Hoe sal ek dit ooit verstaan
Onder die bome
In die reën
Sal ek erken ek was verkeerd gewees
Hierdie keer het ek gebreek
Hierdie keer
Nooit weer

Hierdie witblits
in die oggendure
Ek strompel nog
Tussen die vier mure
Ek’s nog opsoek na jou
Soek jy my ook nou?
Ook nou

Want ek kan net soveel liedjies skryf
Met hierdie kopseer
En ’n deurnagbrein
Maar die tyd gaan kom
Waar jy moet besluit
Besluit
Besluit

Hoe kan ek opstaan?
Hoe kan ek aangaan?
Hoe sal ek dit ooit verstaan
Onder die bome
In die reën
Sal ek erken ek was verkeerd gewees
Hierdie keer het ek gebreek
Hierdie keer
Nooit weer
Nooit weer

Hoe sal ek opstaan?
Hoe sal ek dit ooit verstaan?
Hoe sal ek aangaan?
Hoe kan ek aangaan?
Ek erken ek was verkeerd gewees
Hierdie keer is ek gebreek
HIerdie keer
Nooit weer
Nooit weer

Soek jy
Soek jy my nog nou?
Soek jy
Soek jy my nog nou?
Soek jy
Soek jy my nog nou?
Soek jy
Soek jy my nog nou?

Visualizer by Jean de Wet and Margot Rothman